Laura Wolvaardt | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | ||||||
Volle naam | Laura Wolvaardt | |||||
Gebore | 26 April 1999 Milnerton, Wes-Kaap, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Rol | Openingskolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
EDI debuut (no 74) | 7 Februarie 2016 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 30 Januarie 2020 v Nieu-Seeland | |||||
EDI hempno. | 14 | |||||
T20I debuut (no 43) | 1 Augustus 2016 v Ierland | |||||
Laaste T20I | 4 Oktober 2019 v Indië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2013–tans | Westelike Provinsie Vroue | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Vroue-EDI | Vroue-T20I | ||||
Wedstryde | 71 | 33 | ||||
Lopies aangeteken | 2832 | 588 | ||||
Kolfgemiddeld | 46.42 | 27.72 | ||||
100s/50s | 3/25 | 0/3 | ||||
Hoogste telling | 149 | 55* | ||||
Vangskote/Stonkings | 25/– | 4/– | ||||
Bron: Cricinfo, 27 Maart 2022 |
Laura Wolvaardt (gebore 26 April 1999) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat haar land verteenwoordig in Internasionale Vroue-eendagkrieket. Sy is 'n openingskolwer, en in plaaslike krieket speel sy vir die Westelike Provinsie-vroue. Sy studeer tans aan Parklands College.
In Augustus 2016 word Wolvaardt die jongste centurion, manlik of vroulik, vir Suid-Afrika in internasionale krieket.[1] As 'n 17-jarige het die aanvangskolwer 'n wedstrydwenner van 105 gemoker teen Ierland se vrouespan om 'n 67-lopie oorwinning te verseker in Malahide, Ierland.[2]
In Mei 2017 is sy aangewys as "Vroue-nuweling van die Jaar" by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse toekennings.[3]